Tipiese Aanwending
Een deeglike aanwending so gou as moontlik na vervaardiging beskerm hout teen vuilword op boupersele. Dit sal voorkom dat hout kromtrek terwyl dit vervoer word en terwyl daar gebou word. Woodoc Transit Stabilizer help ook om sementvlekke wat deur pleisterwerk veroorsaak word, te voorkom.
Eienskappe
Wend maklik aan met 'n kwas | Vloei maklik en laat geen kwasmerke nie | Ook geskik vir dipaanwending | Geskik vir alle houtsoorte | Dring hout binne en bind daarmee | Vorm nie 'n oppervlaklaag nie en vir 'n finale afwerking moet hout binne 30 dae met een van die Woodoc Buitenshuise Oplosmiddelbasis Verseëlaars verseël word.
Verpakking
5 liter (20 liter beskikbaar op versoek)
Dekking
± 10-12 m2/liter