home
contact us
Woodoc wys jou hoe
Aanwendings / Dek Produkte
Kliënte-ondersteuning in Suid-Afrika

Woodoc bied 'n gratis Kliënte- en Adviesdiens:

TOLVRY 0800 411 200

of stuur 'n e-pos

HOOFKANTOOR
+27 46 645 1109 (Tel)
+27 46 645 1538 (Faks)

Posadres:
Posbus 16
Fort Beaufort
5720

Straatadres:
Durbanstraat 20
Fort Beaufort
5720

WASP Eksamen Stelsel
Woodoc Geakkrediteerde Verkoopspersoon
login

Woodoc erken dat digte (harde) houtsoorte en poreuse (sagte) houtsoorte verskillende behandeling benodig om by die aard van hul samestelling te pas.  Poreuse hout sal binnedringing aanvaar en gevolglik ook 'n verseëlaar wat 'n harde afwerking bied.  Digte hout aan die ander kant, bied weerstand teen binnedringing wat konvensionele verseëlaars ongeskik vir aanwending maak.

Woodoc DECK Sealer - Golden Brown, Rich Meranti, Deep Brown
'n Getinte en versterkte laeglansverseëlaar wat duursaam is en baie UV-weerders bevat.  Dis spesifiek ontwikkel vir dekke en dekhout wat poreus is, soos SA Dennehout en poreuse Meranti en wat blootgestel word aan alle weerstoestande.

Woodoc DECK Dressing - Golden Brown, Rich Meranti, Deep Brown
'n Getinte, mat olie-afwerking vir aanwending op harde, digte houtsoorte soos Balau, Rhodesiese Kiaat, Garapa, digte Saligna of Iroko.  Dit bied UV-beskerming, is waterwerend en geskik vir eerste behandelings en onderhoud van dekke, dekhout en grofgesaagde hout, bv. tuinhuisies en heinings.  Woodoc DECK Dressing word nie hard nie en behoort gereeld aangewend te word - gewoonlik elke 6 maande of wanneer die hout droog lyk.  Die verskillende lae kan tot 48 uur neem om te droog, afhangende van die weer.  Indien moontlik, wend die eerste laag aan voordat die dek opgerig word.
Waarskuwing:  Aangesien die produk nie 'n harde laag op die oppervlak vorm nie, kan dit afgee aan klere, skoene en stoelkussings tot 48 uur na aanwending.